
Die Lang Henning Reeks
In die sewentigerjare van die negentiende eeu is die Karoo so wild soos die Weste nooit was nie. Wet en orde is ver te soek. Bendes veediewe voer ’n skrikbewind, selfs die dorpe bied geen veiligheid nie en dikwels lui die kerkklok alarm net voordat die vlamme van ’n brandende huis die donker nag verlig. Hier reis niemand alleen nie, want ’n perd is meer werd as ’n menselewe en ’n koeël die enigste prys.
Dit is die wêreld van Lang Henning, vrybuiter van die vlaktes. Met perd en roer en sy vuiste voer hy die stryd teen die boewe en skurke wat skuil in die ruigtes van die Groot Karoo. Aan sy sy is Jakobus Johannes Delport, ofwel Boet, weeskind gemaak deur ’n moordende bende Korannas en grootgeword op ’n sendingstasie by Kaptein Jesaja. Hy en sy hond vergesel Lang Henning waar hy gaan, en saam vertroos hulle die jong weduwees en hul sussies wat hulle pad kruis.
Wie is Lang Henning? Blykbaar weet net die magistraat op Beaufort dit en hy praat nie -

Lang Henning en die Moordplaas 1
Mary Sadler
Dis 1875 in die Groot Karoo. Lang Henning, avonturier van die vlaktes, word teen sy sin betrek by ’n grusame plaasmoord. Sonder veel hulp van Beaufort se magistraat, met slegs ’n wraaksugtige jong seun en dié se brandsiek hond as metgesel, gaan dit maar broekskeur om die skuldiges vas te trek -
Sagteband, 12.5cm × 18.5cm, 117 bladsye.
ISBN: 978-0-620-35145-4

Lang Henning en die Rebelle 2
Mary Sadler
’n Dorp kom in opstand teen die Kaapse regering en hou hul amptenare gyselaar in die plaaslike tronk. Lang Henning kan nie help om in te meng nie, hoe dan anders as die rebelle dreig om ’n onskuldige man tereg te stel?
Sagteband, 12.5cm × 18.5cm, 114 bladsye.
ISBN: 978-0-620-42561-2

Lang Henning en die Poskoetsrowers 3
Mary Sadler
Omdat sy perd kruppel is ry Boet met die poskoets Kimberley se kant toe, maar dan word die koets beroof en ’n beseerde boer en sy gesin bedreig deur die boewe. Lang Henning en Boet voel dis hulle plig om die poskoetsrowers aan die man te bring en die verlore geld op te spoor.
Sagteband, 12.5cm × 18.5cm, 120 bladsye.
ISBN: 978-0-620-43315-0

Lang Henning en die Oujongnooi 4
Mary Sadler
Koekie Koffeman soek dringend man - en Lang Henning is die ideale kandidaat. Almal span saam om hom voor die kansel te kry en hy self in nie ongeneë nie. Is dit die einde van Lang Henning se vrye lewe op die vlaktes?
Sagteband, 12.5cm × 18.5cm, 119 bladsye.
ISBN: 978-0-620-43668-7

Lang Henning en die Spookruiter 5
Mary Sadler
Spooksekop se spook het weer opgestaan en ry klokslag elke volmaan deur die kloof. Lang Henning en Boet raak onvermydelik betrokke en kom agter dat hier meer aangaan as net ’n spookruiter wat nie sy rus kan kry nie.
Sagteband, 12.5cm × 18.5cm, 115 bladsye.
ISBN: 978-0-620-45166-6

Lang Henning en die Toekomsmense 6
Mary Sadler
Toe Lang Henning weer sien, verskyn daar twee wesens in die pad, wesens soos hy nog nooit eers van gedroom het nie. Wie en wat is hulle en waar kom hulle vandaan? Al gou kom hy en Boet egter te staan voor die uitdaging om hulle weer weg te help - maar nie sonder om ’n smakie te kry van die lewe in die toekoms nie.
Sagteband, 12.5cm × 18.5cm, 114 bladsye.
ISBN: 978-0-620-45707-1

Lang Henning en die Skaapdiewe 7
Mary Sadler
Kruis en dwars deur die Groot Karoo agtervolg Lang Henning en Boet ’n bende skaapdiewe. Die spoor lei na ’n verlate opstal - maar dan word Henning geskiet - en moet Boet alleen die skurke vastrek.
Sagteband, 12.5cm × 18.5cm, 111 bladsye.
ISBN: 978-0-620-46255-6

Boet-Alleen 8
Mary Sadler
Met die polisie op sy spoor en die boewe wat op hom toesak, moet Boet man-alleen by die magistraat op Beaufort uitkom met die bewyse om die skaapdiewe finaal vas te trek. Maar dan loop alles skeef en verloor hy sy perd en hond -
Sagteband, 12.5cm × 18.5cm, 105 bladsye.
ISBN: 978-0-620-46500-7

Lang Henning en die Nuwejaarsvoël 9
Mary Sadler
Lang Henning en Boet word deur ’n neef gevra om die gouddelwery op ’n buurplaas te kom ondersoek. Gou vind hulle uit wie daar agter sit - Abbot! Maar wat is die storie met die bene?
Lang Henning en Boet word deur ’n neef gevra om die gouddelwery op ’n buurplaas te kom ondersoek. Gou vind hulle uit wie daar agter sit - Abbot! Maar wat is die storie met die bene?
Sagteband, 12.5cm × 18.5cm, 113 bladsye.
ISBN: 978-0-620-47097-1

Lang Henning en die Perdesmous 10
Mary Sadler
Die oomblik toe hy die wilde voshings sien, begeer Boet hom. Hy oorreed Lang Henning om hom te help die perd vang, maar vind al gou dat hy nie die enigste een is wat hom soek nie. Sake begin lelik lyk toe skietgevegte uitbreek en die hings vir die soveelste keer ontsnap.
Sagteband, 12.5cm × 18.5cm, 110 bladsye.
ISBN: 978-0-620-48883-9

Kersfees in die Kaap 11
Mary Sadler
Lang Henning en Boet kuier in die Kaap, waar Kersfees nie so rustig gevier word as wat hulle gedink het nie. In die Kasteel se Donker Gat spook dit, terwyl Tafelberg sy eie geheime het. Lang Henning en Boet raak onvermydelik betrokke by die intriges van die Britse bewind.
En kan Duncan die Kaapse resiesperde in ’n wedren klop?
Sagteband, 12.5cm × 18.5cm, 116 bladsye, met uitvou-kaart.
ISBN: 978-0-620-49286-7

Lang Henning en die Bruidskat 12
Mary Sadler
Lang Henning en Boet is terug op Verlatendal vir Martie en Stefan se bruilof, maar sonder ’n bruidskat kan meester Benade nie toestemming gee nie. Dan vind Henning die oplossing in die raaiselagtige skildery in die pastorie!
Sagteband, 12.5cm × 18.5cm, 109 bladsye.
ISBN: 978-0-9870208-0-2

Lang Henning en die Sirkus 13
Mary Sadler
Daar is vervalste geld in omloop in die Karoo en Lang Henning word deur ’n neef gevra om ondersoek in te stel. Toevallig is ’n sirkus ook op toer deur die streek, met ’n geheim in intrige van sy eie.
Lang Henning en Boet sluit aan by die sirkus om antwoorde te vind, maar dan raak die olifant weg en ontsnap die leeus!
Sagteband, 12.5cm × 18.5cm, 112 bladsye.
ISBN: 978-0-9870208-4-0

History of South Africa Series
Geskiedenis van Suid-Afrika Reeks

South Africa in Review 1
Ian D. Colvin
A fascinating look at the early history of South Africa and the men who shaped her destiny. The story begins with the war between the Cross and the Crescent, which led to the voyages of discovery by the Portuguese and the discovery of South Africa; but then come the Dutch to claim the prize; only to lose it to the British. The book ends with the independence of the Boer republics after the Battle of Amajuba and the consequences thereof for the peoples of South Africa.
Table of Contents
- The Land of Prester John
- Vasco da Gama
- The Story of d’Almeida
- The Queen of Sheba’s Mines
- The First Martyr
- The Seige of Mozambique
- Old Letters
- Van Riebeeck
- Van Riebeeck - continued
- Van Riebeeck - concluded
- The House of Van der Stel
- The House of Van der Stel - concluded
- How Table Mountain got its Cloud
- The Story of Sheik Joseph
- The First Conquest by the British
- The Second Conquest by the British
- Old Cape Colony
- Slachter’s Nek
- Xhosa Wars
- The 1820 Settlers
- More Xhosa Wars
- The Great Trek
- Natal and the Zulus
- The Family Quarrel
- The Family Quarrel - concluded
- Conclusion
Softcover, 12.5cm × 18.5cm, 376 pages, with 11 colour illustrations.
ISBN: 978-0-9870208-2-6

Die Rooi Jan Reeks
Die Rooi Jan-reeks speel af gedurende die eerste helfte van die negentiende eeu in die Oos-Kaap. Met net sy perd Blits en sy hond Leeu, hou Rooi Jan man-alleen die roofbendes anderkant die Visrivier.
Die reeks is oorspronklik in die veertiger- en vyftiger-jare uitgegee. Vir wat bedoel is om ligte leestof te wees, is die historiese agtergrond uitstekend nagevors en word belangrike gebeurtenisse dikwels gebruik as basis vir die stories. Nuwe geredigeerde uitgawe.
(Neem asseblief kennis dat die reeks nie in volgorde gepubliseer word nie, maar wel dat die oorspronklike nommers behou word. Dus, sodra al die boeke beskikbaar is, sal die reeks in die korrekte volgorde wees.)

Rooi Jan die Wreker 2
Casper H. Marais
Dis 1819 en die Vyfde Grensoorlog breek met alle geweld uit. Terwyl Makana met sy duisende krygers Grahamstad aanval, is Rooi Jan diep in hul agterhoedes besig om ’n persoonlike wraak uit te deel.
Sagteband, 12.5cm × 18.5cm, 112 bladsye.
ISBN: 978-0-9870324-1-6

Rooi Jan en die Heilige Grot 6
Casper H. Marais
Twee jagters is besig om die olifante van Rooi Jan se woud uit te moor en in die stop hiervan ontdek Rooie dat sy ou vyand Mopanja steeds leef. Dié beraam ’n slinkse plan om vir Rooi Jan in die Heilige Grot te vermoor en sodoende sy mag oor die volk te versterk, asook die jagters se bebloede ivoor te steel. Met verraad wat hoogty vier, word Jeanette ook nog betrek by die sluwe planne.
Sagteband, 12.5cm × 18.5cm, 111 bladsye.
ISBN: 978-0-9870208-6-4

Rooi Jan en die Swart Kommando 11
Casper H. Marais
Dis die vooraand van die Sesde Grensoorlog en terwyl Rooi Jan die woelinge ondersoek, kom hy onder vuur van ’n kommando Xhosa-skerpskutters. Dis nie hul normale metode van oorlogvoering nie en Rooie vermoed die hand van ’n vreemdeling. Sake lei na ’n geheimsinnige vallei en nog ’n stap nader aan die Heilige Dromme wat menige kryger oorheers.
Sagteband, 12.5cm × 18.5cm, 122 bladsye.
ISBN: 978-0-9870208-5-7

Rooi Jan in die Leeukuil 12
Casper H. Marais
Die mag van die swart kommando is gebreek, of so reken Rooi Jan. Dis egter die verdwyning van nog ’n meisie, ontvoer deur die einste skerpskutters met koperkoeëls wat vir Rooie weer op die spoor van die Heilige Dromme en Paul Verdoz, die skurk daaragter, sit. Dinge loop lelik skeef en gou bevind Rooi Jan en Jeanette hulself letterlik in die leeukuil as offerhandes aan die Beskermers van die Dromme.
Sagteband, 12.5cm × 18.5cm, 121 bladsye.
ISBN: 978-0-9870208-7-1

Slaags met ’n Gruwelbende 13
Casper H. Marais
Daar word geweers na die Griekwas gesmokkel en iemand vermoor grensboere. Rooi Jan se ondersoek na beide lei na ’n gedugte en verraderlike teenstander, wat nie skroom om sy eie luitenante van die gras af te maak nie. In samewerking met ’n seerower word ’n lokval vir Rooie gestel, met Jeanette as lokaas.
Sagteband, 12.5cm × 18.5cm, 121 bladsye.
ISBN: 978-0-9870208-8-8

Legends of South Africa
Legendes van Suid-Afrika
The Legends of South Africa series are reprint editions of hard-to-find books about the myths and legends of the various peoples and cultures of South Africa.
Die Legendes van Suid-Afrika-reeks is heruitgawes van lang vergete boeke oor die mites en legendes van die verskillende kulture en mense van Suid-Afrika.

Legends of South Africa, Vol. 1
Ethel L. McPherson
In this, the first volume in the series, Ethel McPherson recounts twenty-two enjoyable traditional tales of the Zulu and Sotho people.
Table of Contents
- The Magic Lute
- Senkenpeng and Bulane
- The Daughter of the Sword
- The Queen of the Pigeons
- The Tall Princess and the Haunted Pool
- The Marriage of Untombinde
- The Kingdom above the Earth
- The Moon-Child
- The Princess and the Frog
- The Two Brothers
- The Childless Woman
- The Daughter of the Ostrich Egg
- The Kingdoms of the Dead
- When the World was Young
- Umnandi the Goat-girl
- Zim the Cannibal
- The Horns of Plenty
- The Dumb Prince
- The Girl with the Lute
- The Lost Beads
- The Snake with Five Heads
- Tanga the Child of Night
Softcover, 12.5cm × 18.5cm, 123 pages.
ISBN: 978-0-9870208-1-9

Ander Titels
Other Titles

Sand
Mary Sadler
Just about a hundred and fifty years ago, in the latter half of the nineteenth century, the river Gariep is the northern border of the Cape Colony. Beyond lies uncharted country, untamed veld giving way to the great red dunes of the hostile Kalahari Desert. This is Africa. SAND is its story.
Three white people, defying their Church and society, settle on the edge of the Kalahari to escape censure. One young man is the girl’s husband, the other her lover. One must die to secure their future. SAND is their story.
Kora is the last hereditary chief of the Korana clans living along the Gariep. He has vowed to avenge his people, who have been hounded from their ancestral lands in the south by white settlers, but knows that time is running out. The river banks which shelter them will shortly become their last stand against the British Colonial troops. SAND is his story.
Softcover, A5, 483 pages.
ISBN: 978-0-620-49613-1
